2019 Senior Bekgeveg van hoë gehalte - St Andrew's College

2019 Senior Bekgeveg van hoë gehalte

Library Headmaster’s Tea
Jul 22, 2019
SA U20 Water Polo Camp
Jul 22, 2019

2019 Senior Bekgeveg van hoë gehalte

Op 11 Julie 2019 het die senior leerders weereens die gehoor en die beoordelaars beïndruk met hul toesprake by die Afrikaans Departement se jaarlikse Bekgeveg. Relevante en aktuele onderwerpe soos: Die aborsiewette van Alabama; Skoolprestasie as ’n maatstaf vir intelligensie; Genadedood en Detensie as strafmatreël was van die gunstelinge waaroor bespiegel is. Die volgende wenners is deur die beoordelaars aangewys:

Huistaal-afdeling: Mikayla Eksteen en Ivana Stevens (gesamentlik in die eerste plek vir die meisies) en Dylan Bowker as seunswenner. Dylan was ook die algehele wenner van die kompetisie vir die seniors.

Eerste Addisionele Taal: Sascha van der Merwe en Robbie Kirkpatrick.

Ons bedank ons beoordelaars (Salomie Rocher en Helena van Koller) asook almal wat ons leerders kom ondersteun het. Ons sien uit na die Junior Bekgeveg wat op 18 Julie ook by die Norden’s Restaurant gehou gaan word.