Pitproduksie-aand: ’n Reuse sukses - St Andrew's College

Pitproduksie-aand: ’n Reuse sukses

Yellow Ribbon Day
May 13, 2015
Hockey vs Cambridge
May 18, 2015

Pitproduksie-aand: ’n Reuse sukses

Die Afrikaansdepartement het Woensdagaand drie akteurs van die Pitproduksie-dramagroep uit Johannesburg by St Andrew’s Kollege gehad om die Graad 12 voorgeskrewe werke vir die matrieks te kom opvoer.

Wat die aand nog lekkerder gemaak het, was dat Oakhill skool al die pad uit Knysna gereis het om die produksie by te woon.

Gedigte uit Toulopers en die romans Willem Poprok, deur Derick van der Walt, en Onderwêreld, deur Fanie Viljoen, is uitstekend op die verhoog verlewendig.

Die 120 graad 12’s van die drie skole het die geleentheid vreeslik geniet en lekker saamgelag en pret gehad.

Anders as sporttoere waar die element van kompetisie betrokke is, kon die leerders van SAC, DSG en Oakhill op ’n akademiese vlak sosialiseer en saam met maats deur hul voorgeskrewe werke reis